Stephan Malherbe, 50 jaar oud, woonagtig te Roodepoort.
Internasionaal bekende skilder en kuns-akademikus betrokke by verskeie plaaslike en Europese universiteite.
Yvonne Kritzinger, 25 jaar oud, woonagtig te Pretoria. Skakelbeampte en kunskenner werksaam by die Pretoria Kunsmuseum.
Hul ontmoeting by die New Image Kunsgallery was onverwags.
Meer onverwags was egter die ontluikende liefde wat later in
hul oë sou vlamskiet wanneer hul vingerpunte mekaar wagtend sou opsoek.
Sag, kreunend, as hul lywe mekaar woordloos verken.
’n Liefde, wat verkieslik nooit moes gebeur het nie.
’n Geheime liefde, waarvan niemand moes uitvind nie.
’n Verterende liefde, so intens, dat dit hulle woordloos teenoor
mekaar gelaat het.
Dit is ’n verhaal van ongekende passie.
’n Skokdood wat die kunswêreld ruk.
’n Misdaadondersoek deur die Wes-Rand Speurtak.