Jaco Hough-Coetzee is ’n skrywer, joernalis en storieverteller.

In 2015 verskyn sy roman, die top-verkoper Van skoolbank tot bordeelbed, opgevolg in  2016 met From playground to prostitute,
uitgegee deur Jonathan Ball Publishers.

Van Jaco se erotiese kortverhale word
onder andere ook deur NB-uitgewers in die
bundels Skarlakenkoors en Bloots opgeneem.

Hy is vanaf 2008 ’n joernalis by Huisgenoot; voor
dit onderskeidelik by
Vrouekeur, SON en Caxton Wes-Rand.

Hy is ook die permanente teksskrywer en
storieverteller van SPOOKSTORIE PRODUKSIES wat
sedert 2004 maandelikse storie-, uitstappies- en
teateraande in Gauteng aanbied.

Jaco is verder deel van die bestuurspan van die
ALLEMINTIG-HUIS, wat kommunikasie-,
bemarking-, joernalistieke- en
vermaaklikheidsdienste nasionaal bied.