“Later sou dié geselsend-emosioneel-vashou in intensiteit toeneem, sou die fisieke kontak sterker word en ons sal meer en meer energie met mekaar deel en tap. Deel en tap. En deel en tap. Dit sou nog later ontwikkel in stadige-liefdemakende-indiepte-kontak, as fisieke manifestasie van die emosionele penetrasie wat dit voorafgegaan het . . . en daarna, as seëling van die deel van gevoel, sou ons sagkens styf en nat teen mekaar aan die slaap raak.”
“Jy is die kuns en die passie en die son in my volgende lewe
Jy is die sjerrie en die helder verfkwas in my tweede lewe
Jy is die jubel en die dekadensie wat krioel in my ander lewe
Want jy is die kuns en die passie en die son in my nuwe lewe.”
“Sy bring haar lippe vinnig tot teenaan syne in wat veronderstel was om net ’n groetsoen te wees – maar hy voel hoe sy haar lippe effens oop-maak. Net effens, toe meer. Hy proe haar tong. Dit is soel en proe soos rooiwyn en afwagting. Hul tongpunte verken mekaar. Eers versigtig soos twee vreemdelinge wat mekaar sku vir die eerste keer ontmoet. Dan raak hul tonge meer vertroud met mekaar en hul monde maak oop. Rooiwyn en sigaarrook en behoefte vermeng in ’n stuwende woordlose emosie as hul tonge in ‘n draaikolk van ongekende oorgawe aan mekaar vasklou.”
“Jou borste ook lankal nie meer onbekend aan my nie: pragtig rond, subtiel klein gevorm. Afgerond met twee prominente donker punte. Jy het effens vooroor gebuig toe jy die jean van jou bene afstroop, jou boude in twee wit halfmane gekeer na my. En toe draai jy om na my; kyk na my. Jou donker oë meer vol heuning, sou ek dink, maar die maan het nie genoeg lig gewerp sodat ek my vermoede kon bevestig nie. Jou digte bos pubishare het egter ruig-swart in die windlose nag voor my gehang, jou donker tepels meer punt-prominent.”
“Stephan, jou woorde klou aan my. Jou woorde hou my vas. Stephan, ek wil ook graag sien dat jy kyk hoe lewe ek vir die res van my lewe. Stephan . . . ek wil jou so graag mý Stephan noem. Net myne. Ek wil jou vir die res van ons lewens ritmies binne my voel. Vir jou, mý Stephan.”