Description
Stephan Malherbe, 50 jaar oud, woonagtig te Roodepoort: Internasionaal bekende skilder en kuns-akademikus betrokke by verskeie plaaslike en Europese universiteite.
Yvonne Kritzinger, 25 jaar oud, woonagtig te Pretoria: Skakelbeampte en kunskenner werksaam by die Pretoria Kunsmuseum.
Hul ontmoeting by die New Image-kunsgalery was onverwags.
Meer onverwags was egter die ontluikende liefde wat later in hul oë sou vlamskiet wanneer hul vingerpunte wagtend mekaar sou opsoek.
Sag-kreunend as hul lywe mekaar woordloos verken.
’n Liefde, wat verkieslik nooit moes gebeur het nie.
’n Geheime liefde, waarvan niemand moes uitvind nie.
’n Verterende liefde, so intens, dat dit hul woordloos teenoor mekaar gelaat het.
Dit is ’n verhaal van ongekende passie.
Toe ’n skokdood wat die kunswêreld ruk.
Daarna gevolg deur ’n moord-ondersoek.
Dit is WOORDLOOS . . . ’n roman deur Jaco Hough-Coetzee

Reviews
There are no reviews yet.